Welkom By Vrystaat Krippe

Ons betonwerk besigheid het in 2005 begin in Welkom, Vrystaat, van waar ons vir 2 jaar gewerk het, in 2007 het ons die besigheid na Bloemfontein verskuif waar ons ‘n verskeidenheid betonprodukte vervaardig. In 2011 het ons kragte saamgespan met die SUT waar ons spesialis krippe begin ontwikkel het. In samewerking met SUT en ook boere het ons kwessies en probleme aangespreek van algemene krippe en die volmaakte krip ontwikkel. Ons het tans meer as 7 verskillende waterkrippe beskikbaar.

Ons het die Krippe ontwerp met die volgende in gedagte nl:

Die hoeveelheid kripspasie vir die voorsiening van water aan lewendehawe het direk betrekking tot die kwaliteit van lewendehawe.

Die gemak waarmee diere water drink.

Vierkantige krippe maak baie makliker skoon met ‘n besem as ronde krippe.

‘n Uitlaatklep is belangrik vir gemaklike, vinnige skoonmaak doeleindes en om siektes soos lewerslak te vermy.

Krippe het ‘n unieke deksel ontwerp wat insak, sodat die diere dit nie afstoot nie.

Al die verskillende krippe word op ons perseel gegiet en per vragmotor afgelewer. Aflewerings koste word per km bereken. Ons voerkrippe kan gegiet word op u plaas met ‘n minimum bestelling van 80 x Krippe of 200 meter.

Ons krippe is ook beskikbaar by die volgende koöperasies:

 

© Vrystaat Krippe | Website Designed by OOWEBOO